BITOU MUNISIPALITEIT (WC047)
Kennis geskied hiermee dat die Munisipale Raad besluit het dat die volgende eiendomme nie deur die Munisipaliteit vir sy eie doeleindes of vir die verskaffing van 'n basiese vlak van munisipale dienste benodig word nie (wat impliseer dat hierdie eiendomme moontlik vervreem kan word):
(a) Erf 1496, Kranshoek;
(b) Erf 993, Kranshoek;
(c) Erwe 8766, 8767, 8768, 8774, 8775, 8778, 8779, 8781, 8783 en 8785, Plettenbergbaai (New Horizon);
(d) Gedeelte van Erf 256, Plettenbergbaai;
(e) Gedeelte B van Erf 1725, Plettenbergbaai;
(f) Gedeelte van Gedeelte 41 van die Plaas Hillview No. 437;
(g) Gedeelte van die Restant van Erf 117, Kurland;
(h) Restant van Gedeelte 3 van die Plaas Hillview No 437;
Die besonderhede van die betrokke eiendomme is ter inligting beskikbaar by die beplannings- en boubeheerafdeling van die munisipaliteit (eenheid 50, tweede verdieping, Melville's Corner, Kloofstraat 3, Plettenbergbaai) gedurende normale kantoorure. Navrae kan gerig word aan Me. S du Preez (tel: 044 – 501 3311; e-pos: sdupreez@plett.gov.za).
Enige belanghebbende word uitgenooi om kommentaar oor die aangeleentheid te lewer, met spesifieke verwysing na die volgende aspekte:
(a) Die beginsel van die voorgestelde vervreemding van die betrokke eiendomme;
(b) Voorstelle met betrekking tot die moontlike gebruik van hierdie eiendomme;
(c) Enige ander relevante aangeleentheid.
Enige kommentaar (wat die naam en kontakbesonderhede van die betrokke persoon moet insluit) moet skriftelik ingedien word en gerig word aan die Munisipale Bestuurder, Bitou Plaaslike Munisipaliteit, Privaatsak X1002, Plettenbergbaai, 6600, of per e-pos aan sdupreez@plett.gov.za, of per hand afgelewer word by die Beplannings- en Boubeheerafdeling van die Munisipaliteit (Eenheid 50, Tweede verdieping, Melville's Corner, Kloofstraat 3, Plettenbergbaai). Die sluitingsdatum vir die indiening van kommentaar word verleng vanaf 30 Maart 2023 tot 17 April 2023.
M Memani
Munisipale Bestuurder: Bitou Munisipaliteit